Intersenfase Gr.4-7

By Laerskool Hermanstad is uitnemendheid die dryfveer agter ons akademiese sukses. ‘n Hoogsgekwalifiseerde en toegewyde personeelkorps lei met entoesiasme, terwyl ‘n goeie balans tussen tradisionele en innoverende onderrigmetodes gehandhaaf word.

KAVS word met sukses in die Intersenfase geïnkorporeer. Deurlopende assessering stel ons in staat om probleemareas spoedig te identifiseer, evalueer en effektief aan te spreek. ‘n Intensiewe heronderrig en remediëringsprogram word met vrug aangebied en waar nodig ontvang leerders addisionele steun van ons bekwame Leerderondersteuningspan. Vaardigheidsontwikkeling word holisties benader en die inkorporering van tegnologie, vernuwende denke en ‘n “uit-die-boks”-aanbiedingstyl getuig hiervan.  Al die klasse het projektors en visualizers. Die Wiskunde klasse het almal E-borde.

Vakke Wat Aangebied Word

  • Tale: Afrikaans en Engels
  • Wiskunde
  • Lewensvaardigheid:
    - Lewensoriëntering
    - KDA
    - Visuele Kuns
    - Uitvoerende Kuns (Gr 4-6)
  • Lewensoriëntering (Gr 7)
  • Natuurwetenskap & Tegnologie (Graad 4-6)
  • Natuurwetenskap (Gr 7)
  • Sosiale Wetenskap
  • Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe (Gr 7)
  • Tegnologie (Gr 7)
  • Kuns & Kultuur (Gr 7)