Jimmy Robberts (nuut)

'n Verwelkomingswoord

Dit is vir ons skool baie aangenaam om jou as ‘n voornemende Herrie te verwelkom.

In Herrieland is gelukkige kinders vir ons belangrik.  ‘n Kind met ‘n sprankel en ‘n glimlag in die oog.  Ons wil graag die boustene vir die lewe vestig in elkeen se lewe vir ‘n lewenswandel met Geloof, Respek, Integriteit, Trots, Verantwoordelikheid en Eerlikheid.

Kom en ervaar elke stukkie genot wat dié skool bied op Akademiese -,   Sport- en Kulturele gebied asook met die vorming van Leierskap.

Laerskool Hermanstad is die skool waar elkeen die geleentheid kry tot deelname en om dus te ontwikkel tot die beste weergawe van hulself.

Hiermee word elkeen uitgenooi om ‘n Trotse Herrie in Hermanstad te word waar ons deel is van ‘n span en almal hard saamwerk vir sukses in oorvloed.

Baie welkom

output-onlinepngtools

JH Robberts

HOOF

Kies Een Keer En Kies Reg!

Laerskool Hermanstad

Laerskool Hermanstad is geleë in hartjie van Daspoort.  In Herrieland streef ons moedig na dit wat ons wil bereik en ons is gefokus op die doelwit voor oë.

Ons bedien die gemeenskap met topgehalte onderrig in uitstekend toegeruste klaskamers.  Ons het passievolle onderwysers wat ons kinders se belange eerste stel en ontwikkel in jongmense wat werklik ‘n verskil in die lewe maak.

By Laerskool Hermanstad Koester ons goeie waardes wat ons lewe rig in Geloof, Respek, Integriteit, Trots, Diensbaarheid en Verantwoordelikheid.  Met al die waardes ingeprent  is ons Herrie jeug gerat en reg vir die toekoms.

In kort kan jy Herries opsom as die Kanniedood in die samelewing.