Netbal
Organiseerders
Mini-Netbal: o/6 – o/7
Seniors: o/8 – o/13 (A & B-spanne)
Netbal (o/10 - o/13)
Netbal is ‘n wintersport wat in die 1ste kwartaal (na atletiek) en in die 2de kwartaal beoefen word. Die fokus van die afrigters is op vaardigheidsontwikkeling en die genot van die spel. Netbal is `n ideale spansport vir enige dogter. Nie net kry hulle die geleentheid om hul fiksheid en vaardighede te verbeter nie, maar word ook blootgestel aan die uitdagings van die lewe naamlik: teleurstelling, deursettingsvermoë, uithouvermoë, hardwerkendheid en sosialisering. Elke span word afgerig deur bekwame afrigters wat gereeld kursusse bywoon. Die 7 speelsters kry genoeg aandag. Speelsters kry kwaliteitafrigting wat hull potensiaal verbeter.
Jaarliks woon ons netbalspanne ‘n kliniek by, waar hulle nuwe tegnieke en vaardighede leer en bemeester.
Netbal-oefeninge vind plaas op Dinsdae en Donderdae in die middae.
Mini-Netbal (o/7 - o/9)
Graad 1, 2 en 3 dogters speel Mini-netbal.
Wat is Mini-Netbal?
- Bestaan uit 8 speelsters in ‘n span
- Speelsters ruil posisies na elke helfte.
- Geen telling word gehou nie en daar word gekonsentreer op genot en die ontwikkeling van basiese vaardighede.
Mandjiebal (o/6 – Gr.R)
Die Graad R dogters speel Mandjiebal wat deel vorm van Mini-Netbal. Mandjiebal bestaan uit 5 speelsters, waar hulle in een derde van die netbalbaan speel. Die doel van Mandjiebal is om die speelsters entoesiasties te maak oor Netbal en die nodige basiese vaardighede aan te leer.Elke span word afgerig deur bekwame afrigters wat gereeld kursusse bywoon.
Die Graad R – 3 speelsters neem aan vriendskaplike Mini-netbaltoernooie deel. Ons reël ook jaarliks ons eie Mini-Netbaldag waar skole regoor Pretoria die dag kom bywoon.
Mini-Netbal-oefeninge vind plaas op Dinsdae en Donderdae in die middag en Mandjiebal in skooltyd.
Wat Is Die Doel Van Mini-Netbal
Aanleer van ...
- Vaardighede soos hand– oog koördinasie, voetwerk en liggaamsbeheer
- Tegnieke van aanvallende en verdedigende spel
- Fiksheid en uithouvermoë
- Spelpatrone op die baan
- Ontwikkeling van selfvertroue en sosialisering (spansport)
- Vinnige en kreatiewe denke (vinnige besluite op die baan)
Jaarliks woon ons Mini-netbalspanne ‘n kliniek by, waar hulle die basiese tegnieke en vaardighede aanleer en bemeester.