Organiseerder
Mnr Jaco van der Walt
jaco@laerskoolhermanstad.com
Hermanstad Laerskool bied Robotika en Kodering aan vanaf Graad 2 tot Graad 7. Hierdie nuwe leerarea fokus op STEAM onderrig wat die integrasie van verskillende vakke is om leerders voor te berei vir die 4de industrieële revolusie. Die leerareas in STEAM onderrig is Wetenskappe, Tegnologie, Engineurswese, Kunste en Wiskunde. Om hierdie leerareas te integreer gebruik ons programme soos Scratch, MakeCode, HourofCode asook Micro:Bit.