Rugby

Organiseerder

001032 - Mnr Jannie Leicester

Bulletjies: o/6 – o/8

Seniors: o/9 – o/13

Prestasies:

  • Botlhale Mathabele (Craven week o/12 2018, Craven week u/13 2019)
  • Marnus Rademeyer (Craven week o/12 jongspan 2018)
  • Matthew Ekata (o/12 Provinsiale Bloubulspan vir 2024)
  • Ndumiso Mtshali (o/12 Provinsiale Bloubulspan vir 2024)
  • Thobaan Adams (o/12 Provinsiale Bloubulspan vir 2024)

Rugby (o/9 - o/13)

Rugby is ‘n wintersport wat in die 1ste kwartaal, (na atletiek) en in die 2de kwartaal beoefen word. Die fokus van die afrigters is op vaardigheidsontwikkeling en die genot van die spel. Die afrigterskorps glo dat rugby 'n sportsoort is wat positiewe energie by leerders ontwikkel en hul terselfdertyd emosioneel en fisies versterk. Al die spanne word afgerig deur gekwalifiseerde en bekwame afrigters.  Spelers kry dus blootstelling aan tegnieke en die spel van rugby.  Jaarliks toer die o/11 en o/13 spanne gedurende die Maart / April vakansie.

Rugby-oefeninge vind plaas op Maandae tot Donderdae in die middae.

Bulletjie Rugby

Bulletjierugby bied o/6 (Gr R) tot o/8 (Gr 2) leerders die geleentheid om vaardighede te ontwikkel en deel te neem sonder enige kontak, deur die gebruik van “rips”. Die vereenvoudigde spel fokus op deelname en genot.

Ouers is by die afrigting, wedstryde, organisasie en ondersteuning betrokke. Die afrigting word deur die ouers gedoen en volg beginsels wat in die Bulletjierugby-handleiding uiteengesit word. Dit is ‘n georganiseerde en beheerde sport wat deur die Blou Bulle Rugby Unie bestuur word. Hulle stel die reëls saam, bepaal die liga- wedstryde en bied die Boksmart en afrigtings/skeidsregterskursusse aan.

Gelyke geleentheid vir alle spelers word beklemtoon en spanne word gekies om alle spelers gelyke geleentheid te gee om te ontwikkel en te speel. Daar is geen A of B spanne nie, net kleure en ons probeer altyd om die spanne so uit te sit dat daar gelyke vaardighede in elke span is. O/6 spanne bestaan uit 6 spelers, o/7 uit 7 en o/8 uit 8.  Jaarliks bied ons Bulletjierugby-ouerspan ‘n Bulletjierugbydag aan .

Bulletjierugby-oefeninge vind plaas op Dinsdae en Donderdae aande.

Eerste Span