Sagtebal

Organiseerder

000986 - Me Chantelle Pieterse

T-Ball: o/7 – o/9 (Dogters)

Seniors: o/10 – o/13 (Dogters)

Prestasies:

  • Norma-Jean Roets (Gauteng-Noord BlueSox 2015)
  • Eliana Kilian (Gauten-Noord RedSox 2018)
  • Cherise van Staden (Gauteng-Noord BlueSox 2018, WhiteSox 2017)

Sagtebal (o/10-o/13 dogters)

Ons sagtebal begin aan die einde van die tweede kwartaal wanneer die eksamen afgehandel is.  Die dogters woon jaarliks gedurende die Junie/Julie vakansie ‘n sagtebalkliniek by.  Die doel met elke sagtebalspeler is om haar so toe te rus dat sy gebalanseerd die samelewing kan betree.

T-ball (o/7 - o/9 dogters)

T-ball is vir die o/7 - o/9 dogters.  Die doel van T-ball is om spelers bekend te maak aan sagtebal en vir hulle die basiese vaardighede en tegnieke aan te leer.  T-ball vind plaas op ‘n speelse manier en geen telling word gehou nie.

Die T-ball span neem deel aan vriendskaplike toernooie.  Al die spanne word afgerig deur gekwalifiseerde en bekwame afrigters.

Sagtebal en T-ball oefeninge vind plaas op Dinsdae en Donderdae in die middae.